Biltong, baba en tandekry pyne!
Biltong, baba en tandekry pyne!
BILTONG, BABA EN TANDEKRY PYNE
Tandekry is nie kinderspeletjies nie en ‘n baba wat tande sny is beslis nie die vriendelikste dingetjie op hierdie aarde nie, maar daar is iets wat kan help – ‘n lekker dik stuk biltong om aan te kou, groot genoeg dat baba dit nie heeltemal in sy/haar mond kan druk nie!
Kyk hierdie oulike video om te sien hoe ‘n baba ‘n hele ruk gelukkig en tevrede is met ‘n lekker stuk biltong - https://www.youtube.com/watch?v=nCaKsc28i5E
Daar is selfs slaghuise en biltongwinkels wat spesiale biltong maak, sonder baie sout en speserye, vir babas se tandekry dae. Die biltong kan ook gevries word, die ekstra koeligheid help verseker vir daardie jikkende tandvleisies.
‘n Goeie plan is om ‘n toutjie te ryg deur die gaatjie in die biltong waar die biltong opgehang was, hang dan hierdie toutjie om die baba se nek om seker die maak die biltong bly binne sy bereik.
Anders gebeur dalk wat met hierdie klein mannetjie gebeur het: Rustig op die gras sit die baba en kou aan ‘n stukkie biltong. Daar naby speel die baba hondjie. Toe die ouma weer ‘n slag omkyk sien sy hoe die twee babas ewe gemeenskaplik die stukkie biltong deel – happie vir my en happie vir jou! Ouma wou eers die klein hond verwilder maar besef toe baba se immuun sisteem kan maar net hierby baat J. Seker nou nie heeltemal aanvaarbaar nie, maar “wat nie doodmaak nie, maak vet!”
Biltong waarborg dat baba vir ‘n hele rukkie nie gaan trane stort nie, jy is dalk die enigste een wat gaan huil want nou moet jy jou biltong met baba deel!